Los Angeles Internasionale Lughawe

Los Angeles Internasionale Lughawe
IATA: LAXICAO: KLAX
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar City of Los Angeles
Operateur Los Angeles World Airports
Bedien Los Angeles, Kalifornië, VSA
Ligging Westchester, Westside of Los Angeles
Spil vir

Passasier-lugrederye

  • Alaska Airlines
  • American Airlines
  • Delta Air Lines
  • United Airlines
  • Virgin America

Vraglugrederye

  • Atlas Air
Fokuspunt vir
Hoogte bo seevlak 128 vt / 39 m
Koördinate 33°56′33″N 118°24′29″W / 33.94250°N 118.40806°W / 33.94250; -118.40806
Webtuiste www.lawa.org
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
6L/24R 2 721 8 926 Beton
6R/24L 3 135 10 285 Beton
7L/25R 3 685 12 091 Beton
7R/25L 3 382 11 095 Beton
Statistieke (2021)
Passasiers 48 007 284 (2021)
Lugbewegings 506 769 (2021)
Ekonomiese impak VS$ 14,9 miljard (2012)
Sosiale impak 133 900 (2012)

Los Angeles Internasionale Lughawe (IATA: LAX, ICAO: KLAX, FAA LID: LAX) is die grootste en besigste lughawe in die Groter Los Angeles-gebied en die Amerikaanse deelstaat Kalifornië asook een van die belangrikste internasionale lughawens in die Verenigde State.

Stralers van buitelandse lugrederye by die Internasionale Tom Bradley-terminaal, genoem na 'n vroeëre burgemeester
Super Shuttle-mikrobusse staan gereed vir passasiers
Die lughawe is in die Westchester-buurt van Los Angeles se Westside geleë

Daar word dikwels na die lughawe verwys volgens sy IATA-kode as LAX (uitgespreek as L-A-X). LAX is in die suidweste van Groter Los Angeles aan die Stille Oseaan geleë, tussen die stadsbuurt Westchester in die noorde en die onafhanklike munisipaliteit City of El Segundo in die suide. Die lughawe is in besit van en word bestuur deur Los Angeles World Airports, 'n agentskap van Los Angeles se stadsregering wat vroeër as die Departement van Lughawens (Department of Airports) bekendgestaan het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search